Home klub inligting fotoalbum lede kontak
Home klub inligting fotoalbum lede kontak

Lidmaatskap





Dit is ‘n fantastiese manier om nuwe vriende te ontmoet wat dieselfde passie as jy vir fotografie te hê.


Jy word gemotiveer deur die ander lede tot hoër hoogtes, om beter fotos te neem. Nuwe tegnieke aan te leer, tegniese kennis oor jou kamera beter te verstaan, beligting, rekenaarvaardighede, “photoshop” en “lightroom” aan te leer.

















Jy kry addisionele blootstelling. Ons bied uitstappies aan waar jy onder andere modelle kan afneem, diere, landskappe ensovoorts. Jy kan selfs genooi word om saam met ons ervare lede troues, sport af te neem.


Daar is elke maand ‘n geleentheid om 4 fotos in te skryf. As lid, word die fotos gratis be-oordeel. Opbouende kommentaar word gelewer. ‘n Toekenning word gemaak vir elke ingeskrewe foto. Voorstelle word gemaak hoe jy bv die betrokke foto beter kon afgeneem het. Hierdie kommentaar word gelewer deur lede van ons eie klubs asook lede van ander klubs wat reeds kenners op hulle eie gebied in fotografie is.


Vir beginners, daardie knoppies, vertellings op jou kamera kan in die begin baie vreemd wees. Hier by Wilge Fotografie Klub gaan ons jou hand vat en jou deur die proses lei sodat jy jou eie kamera beter kan leer ken. Ons het elke maand ‘n byeenkoms waar klubgeleenthede bespreek word en dan bied ‘n lid, of ‘n genooide gas ‘n praatjie aan waar spesifieke aspekte van foto-neem bespreek en verduidelik word.

















Dan is daar nog die ander voordele. Ons het ons eie “What’s-up” groepie, ‘n facebook bladsy en ‘n vir lede-aanleenlik-website. Hier deel ons inligtings oor die klub, deel in die vreugde van fotos, wens mekaar geluk met prestasies, verjaarsdae en simpatie in tye wat dinge nie so goed gaan nie. Dan braai en kuier ons ook sommer gereeld.



















Wilge Fotografie klub is geaffilieer by PSSA. Dit beteken, toegang en inligting tot op Nasionale vlak, meer kompetisies en ook “bevordering” in die fotografie wêreld.