Home klub inligting fotoalbum lede kontak
Home klub inligting fotoalbum lede kontak

Klub geskiedenis


Elaine Els het die Klub in Februarie 2016 gestig - met net 3 lede : Elaine

Els, Coenie Els en Marica Meades.  Elaine het in die plaaslike koerantjie

geadverteer en van daar is dit net goeie geskiedenis.  Ons eerste offisiële

judging was in Mei 2016 gedoen.


Toe daar besluit is om 'n Komitee te begin, was dit as volg : President =

ElaineEls, VisePresident = Johannatjie Malherbe, Tesourier = Lelia

Etsebeth, Sekretaressse = Marica Meades, Addissionele Lid = Freddy Walken.


Dit het nou (begin 2018)  verander met Elaine Els wat besluit het om terug te staan.


 (Dit hang af wat verstaan word onder die woord “terug te staan”)


Hulle het Port Elizabeth toe verhuis en dit was beter om die Bestuur te

oorhandig aan iemand wat in Frankfort bly.  Johannatjie Malherbe is toe

gekies as President / Voorsitter met Marica Medes as Vise-Voorsitter.


Die klub het geweldige goeie groei getoon.  Ons het begin met 3 lede

in Februarie 2016 en  staan tans op 20 lede (2018).


Tydens ons eerste vergadering het ons mekaar beter leer ken.  Ons het toe vasgestel wie

 weet wat van hulle kameras. Daarna het die groot leer begin, met baie pret en jolyt. ‘n

 Tradisie wat vandag nog voort gesit word met elke maandelikse saamkoms.


Dit dien hier gemeld te word dat Coenie en Elaine Els  vandag

lewenslange Ere-lede van die klub is, gereeld, al is hulle vêr, maandeliks hulle

 kennis steeds  met ons deel. Elaine is ook nog aktief betrokke met die maandelikse

 be-oordeling van die klubinskrywings en dit is duidelik  dat daar nie toegelaat

 gaan word dat die klub se stof van  hulle voete gaan afkom nie.


Johannatjie Malherbe, die huidige President,  vir die meeste van ons sommer net Tannie

 Johannatjie  se tuis ateljee is ons maandelikse plek van bymekaar kom.

Natuurlik is dit ook die plek  waar die lekkerste koffie uitgedeel word , raad gegee word,

 inligtingsessies gehou en uitstappies beplan word.

 Kenners wat hulle vaardighede deel is gereeld gaste.